KATVOETVERSE

katvoetverse3

Met Katvoetverse neem Denise van Rensburg en illustreerder Marika van Heerden die leser op ’n holderstebolder katvoetreis van avonture met allerlei vreemde karikature.

Van monsterbabas en tandmuisetende pa’s tot die spook van Uniondale, Antjie Somers en ’n parmantige meermin of twee.

Ideaal vir voorlees (4 tot 6) en selflees (6 tot 12). Ook ’n welkome uitkoms vir onderwysers en drama-afrigters op soek na nuwe materiaal om tydens kunstefeeste en ander geleenthede voor te dra. R100 elk

katvoetverse2